Payday Loans
Slideshow Image 1
Slideshow Image 2
Slideshow Image 3
Slideshow Image 4
Slideshow Image 5
Slideshow Image 6
News
Weather
cURL extension is not available on your server
Exchange Rates
EUR European euro. Used by 15 member states and 6 countries or areas outside the European union. 18.1079
GBP Pound sterling. Scotland and Northern Ireland issues own, diffrent, banknotes.
Administrateur Stel Nuwe Waarnemende Munisipale Bestuurder en Hoof Finansiële Beampte Bekend
Wednesday, 27 January 2016 15:32

adminstrateur stel mb bekend smallOudtshoorn, 26 Januarie 2016 – Die Administrateur, mnr. Kam Chetty het op Dinsdag 26 Januarie 2016 die aanstelling van die nuwe waarnemende munisipale bestuurder mnr Allen Paulse en die hoof finansiële beampte mnr Felix Lotter by ‘n perskonferensie bekend gemaak.

Hierdie aanstelling spruit uit ‘n besluit van die Provinsiale en Nasionale Minister van Plaaslike Regering om ‘n afvaardiging na Oudtshoorn te stuur om die Administrateur te steun in sy pligte en dit het amptelik gister, 25 Januarie 2016 begin. Mnre Paulse en Lotter sal drie dae per week op Oudtshoorn wees, maar sal steeds ten volle verantwoordelik wees vir hul pligte by die Bitou munisipaliteit. Hulle is aangestel met volle magte in hul afsonderlike rolle in lyn met die Wet op Munisipale Stelsels & Regulasies. Volgens hierdie wet is: a) Die munisipale bestuurder die rekenpligtige beampte van die munisipaliteit en, b) het hy sekere verantwoordelikhede en verpligtinge rondom hierdie pos. Mnr Paulse sal onmiddelik hierdie pligte en verantwoordelikhede oorneem.

Paulse neem ook alle dag tot dag aktiwiteite in die bestuur van die munisipaliteit oor. Mnr Chetty het gedurende die perskonferensie gesê, “ek sal die rol van die Administrateur aanneem wat in hierdie geval die raad is en sal dus verantwoordelik wees vir alle uitvoerende besluite namens die raad. Met onmiddelike ingang sal ek die hoof van die raad wees, en mnr Paulse die hoof van die administrasie”.

Read more...
 
Congratulations Matrics of 2015
Wednesday, 06 January 2016 11:04

mun logoOudtshoorn Municipality congratulates all matriculates on their achievements in the 2015 final examinations. "We wish you a very successful 2016, and a very promising future.”

At the same time we want to strengthen to those that did not pass and encourage them to never give up. Everything of the best for 2016!

Geluk Matrieks van 2015

Die Oudtshoorn Munisipaliteit wens alle matrikulante geluk met hul prestasies in die 2015 eindeksamen. " Ons wens u 'n baie suksesvolle 2016 toe, en 'n baie belowende toekoms.”

Terselfdertyd wil ons sterkte toewens aan diegene wat nie geslaag het nie en hulle aanmoedig om nooit moed op te gee nie. Alles van die beste vir 2016!

 
Kragonderbrekings
Tuesday, 05 January 2016 11:55

mun logoGister het ons die hooftoevoer (22 KV ring) na NA Smith Substasie vanaf ons “Intake” Substasie/Eskom verloor op ‘n aardfout.

Ons is tans besig om die kabel te herstel en sal moontlik teen ongeveer 14h30 klaar wees. Ons het die krag nou op die 11 KV netwerk oorgesit en die toevoer was oral weer terug.

Nou het die 11KV verder ook ‘n aardfout ontwikkel wat die helfte van Wesbank, Vliegveld, Landmark. SAP Opleidings Kolleges, Hospitaal uitbreiding in die rigting van NA Smith Substasie voer.

Die gevolg is dat daar nou ‘n groot gedeelte van die verbruikers is wat af sal wees tot ons die 22 KV netwerk kan terug sit en ook die 11 KV kabelfout herstel het.

Dit is al wat ons op die tydstip weet.

Hopenlik sal ons die meeste verbruikers weer teen 15h00 aangeskakel het.

 
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>

Page 1 of 78